title

Kontrei Klets

Clifford Roberts

0
Followers
0
Plays
Kontrei Klets

Kontrei Klets

Clifford Roberts

0
Followers
0
Plays
OVERVIEWEPISODESYOU MAY ALSO LIKE

Details

About Us

Ontdek die wêreld, sy mense, spys en drank en nog baie meer in hierdie lekker ligte potgooi in Afrikaans. Agter die mikrofoon is Kaapse skrywers en reisigers Maryke en Clifford Roberts. Volg ons op Twitter by @kontreiklets, @MarykeRoberts en @CliffordRobots. Stuur gerus 'n boodskap en dalk word dit in die volgende uitsending van Kontrei Kleits gebruik!

Latest Episodes

Van die Kruger tot Chrissiesmeer

Ons onlangse besoek het Bela-Bela, Dullstroom, die Kruger Nasionale Park, Chrissiesmeer, en 'n paar dae in Johannesburg behels. Hierdie 34min episode gee wenke as jy die noorde wil gaan verken. Glo my, jy sal jou lippe aflek vir die raar kleindorp gin-ervaring; jou oë sal rek vir die indrukwekkende whiskey-versameling; en, laat 'n San Pellegrino jong-sjef kandidaat jou wegvoer met sy geur kombinasies en kos-kuns.

34 MIN2019 OCT 7
Comments
Van die Kruger tot Chrissiesmeer

'n Kykie na Indiese spys en drank

Ons besoek aan die Paul John distillieerdery was maar net die begin van 'n wonderlike toer na Indië. In hierdie potgooi fokus ons op die geure van hierdie fasinerende land. Dit sluit onderhoude met meesterdistilleerder Michael D'Souza in asook sjefs by die Caravela Beach Resort; 'n gids by die Tropical Spice Plantation; en nog 'n gids op die Uptown Kolkata Food Tour, wat deur A Chef's Tour aangebied word. Daar is ook wenke wat jou kan help met beplanning van jou eie besoek aan Indië. Stuur gerus 'n stemboodskap en dalk sluit ons dit volgende keer in!

31 MIN2019 JUN 23
Comments
'n Kykie na Indiese spys en drank

'n Glas hier, 'n geleentheid daar

Dit woel in die wynlande. Van wyn-safari's tot 100-jaar vieringe; nuwe wyne, ou wyne en feeste waar jy kan saamkuier. Ons reis van Robertson tot Stellenbosch; van McGregor tot Ashton. Van die mense by wie ons kuier, sluit onder meer Alto, Boplaas, Middelvlei, Kranskop, Restaurant Succulent, Sauvignon Blanc SA, Hazendal en die Robertson Wine Safari in. Kyk uit vir feeste soos Wacky Wine Weekend en die Wade Bales Wine and Malt Whisky Affair.

38 MIN2019 JUN 5
Comments
'n Glas hier, 'n geleentheid daar

Op die oop see

Ons verlaat die hawe vir 'n twee-dagse bootvaart van Kaapstad na Port Elizabeth met Ponant se luukse jag, Le Lyrial. Kom vaar saam en kry wenke vir jou eie vakansie op die oop see.

52 MIN2019 APR 4
Comments
Op die oop see

Wydsbeen oor die N7

Ons kuier op die Piekenierskloofpas, in Citrusdal en in die Cederberg , waar ons oor wyn en kos gesels, asook lekker verblyf en 'n uitblinker-eetplek. Ons ontmoet 'n hele paar mense insluitend Jaco en Cerena van Niekerk by Piekenierskloof Wyne; Steve en Caro Oldroyd by Hebron; Salome Benade by The Lovely Grapevine; en, Dawid Nieuwoudt van Cederberg Wyne.

42 MIN2019 MAR 29
Comments
Wydsbeen oor die N7

Raak verlief op Lisabon

Ons verken die Portugese hoofstad in hierdie aflewering. Dit sluit in 'n onderhoud met 'n gewilde plaaslike toergids. Luister veral as jy beplan om te gaan en kry wenke vir jou besoek aan Lisabon. Ons hoor graag wat jy dink; stuur gerus boodskappe as jy deur die Anchor.fm-platform luister.

35 MIN2019 MAR 17
Comments
Raak verlief op Lisabon

'n Wegbreek na Porto

Luister hierna as jy beplan om jou volgende vakansie in Portugal te hou. Daar's 'n paar nuttige wenke oor vervoer en Port. Hierdie eerste deel fokus op Porto. Gebruik die Anchor.fm-toep om vir ons 'n boodskap te stuur en laat weet wat was jou ervaring.

32 MIN2019 FEB 21
Comments
'n Wegbreek na Porto

Pollie in Paarl én Franschhoek

Ons vertel van ons onlangse kuier in Paarl en Franschhoek, 'n besoek aan KWV, ons rit op 'n wyntrem en nog meer. Daar is ook onderhoude met 'n bekende sjef oor sy nuwe restaurant. Volg ons op Twitter @Kontreiklets.

43 MIN2019 JAN 25
Comments
Pollie in Paarl én Franschhoek

Krismis is hier!

In hierdie episode gesels ons oor die komende Woordfees; met David Kramer oor sy Langarm-musiekblyspel; oor Martell Cognac se nuutste produk in Suid-Afrika; oor nuwe wyne; en oor die seisoen se top-vermaak in die Kaap. Volg ons op Twitter by @kontreiklets en luister op enige van jou gunsteling internet-radio platforms.

28 MIN2018 DEC 20
Comments
Krismis is hier!

Wyd en syd; hoog en laag

'n Middag by die Strandloper; kuier by John Relihan; pinotage en Bok van Blerk; nuwe resepte-boeke en nog meer in hierdie episode van Kontrei Klets. Volg ons op Twitter by @Kontreiklets.

30 MIN2018 NOV 15

hmly
himalayaプレミアムへようこそ聴き放題のオーディオブックをお楽しみください。